25 Julie 2010

Algemeen

Soos julle seker agtergekom het was ons blog bietjie tydelik oorlede, nie net was die redakteur met verskeie uitstappies besig nie maar was daar ook ‘n probleem met die “host” of so iets. Gelukkig ken ek Johan my oudste seun goed en het hy toe vir ons ‘n nuwe een gemaak, baie dankie.

Nou eerstens speel die Bokke vrot veral tov verdediging en kompeteer by die losskrums, dit is die hoofrede hoekom hulle verloor. Verseker is daar ongelukkig nie konsekwentheid by die toepassing vd reels deur skeidsregters nie en is dit ’n onregverdige kompetisie. As ek, jy of die Beeld dit sê dan kan ons nog ons bedenkinge hê maar kyk bietjie wat skryf die NZ Herald na ons 2e neerlaag teen die A/B’s.

“Moreover, we, the paying public, not to mention the Springboks, deserved an honest contest, and not one altered by a ridiculous yellow card. The All Blacks also deserved to have their victory scored in the fairest of conditions.”

J Fourie kry 4 weke vir ‘n spear (sg oor hy “previous” het) Cooper kry 2 weke (vir ‘n baie gevaarliker spear, en hy het geen skoon rekord nie) en so kan ek ‘n boek daaroor skryf maar ek dink ons moet hulle vd veld speel of slaan as die ref ons verneuk sodat die pot kan oorkook en geregtigheid terugkom (of was dit al ooit daar teen die Bokke?)

As die Bulle (my span) selfs die Sharks moes klop omdat die skeidsregter my span bevoordeel, jammer dan stel ek nie belang nie!  Weet Gerrrie gaan nou weer sê dit is elke keer so maar ag julle weet mos al!!

Die Bokke en Bulle het my bek so toe gespeel ek gaan net so paar opinies lug dat die blog weer aan die gang kan kom.

Bulle vs Cheetahs (Sharks laas week)

Die Bulle en Sharks het verlede week albei goed gespeel en dit was mooi om te kyk, die Bulle het swak verdedig en die Sharks het verdien om te wen. Geluk en punt Gerrie!

Gister beter verdedig teen die Cheetahs maar ‘n sinnelose skop deur oupa Jaco vd W het die Cheetahs ‘n drie in die 82 e min gegee wat hulle laat wen het. Sien darem dit lyk of daai klomp treurige Bokke losgelaat gaan word in die C/beker. Alhoewel die hooftreuriges is Smit en Habana, so miskien kan die Bulle baat vind by hul terugkeer.

Bokke vs Almal (3 Games)

Soos reeds gesê die Bokke verdedig swak en kompeteer swak by die losballe. Daar is swak spankeuses, met spelers wat nie meer daar hoort nie hier dink ek veral aan Smit (goeie kaptein maar selfs daaroor begin ek twyfel), Habana en Januarie. Daar is ook ander wat nie op standaard is nie maar dit is nie so erg soos daai 3 nie. Goeie spelers word uit posisie gespeel en vertoon dan uiters swak.  Die eerste toets teen die A/B was ons vd veld gespeel daar was net 1 span op die veld en dit was verseker nie die Bokke nie.

Met die tweede toets is die Bokke blatant verneuk met die kompetisie by die losbal en ook ander aspekte, bv in die eerste toets retaliate Bakkies en word 9 weke geskors (terloops ek wens dit was permanent) in die tweede toets doen McCaw dieselfde en Danie kry ‘n geelkaart. McCaw speel die hele game aan die Bokke se kant vd losskrum en die ref waarsku hom 4 keer maar kon nie sy geelkaart kry nie, sorry!

In die 3e toets speel die Bokke bietjie beter maar word weer skandelik verneuk deur ‘n nog dommer Ier. Pocock haal McCaw se truuks uit en word nie gegeel nie, BJ Botha kry ‘n geelkaart vir ‘n minder blatante oorval oor die losbal terwyl Pocock net aanhou om die bal te speel en niks oorkom nie, 3 meter van sy eie doellyn. BJ lig sy arms om te wys hy gee die Ausieskans om die bal te speel maar Pocock nie.

Ongelukkig het die moderne game so geword dat 70% van jou beste aanvalle kom van losskrums af en as enige span daar deur die ref benadeel word dan lyk jy swak. Ek sê dit al 3jr lank as skeidsregters wil skelm wees dan is die losbal die plek! Jy kan sien die Bokke is te bang om te speel vir nog ‘n geelkaart en raak net meer en meer gefrustreerd. Aan die einde vd dag dink ek SARU moet ‘n amptelike klag met video bewyse lê en as dit nie help nie moet minstens 5 Bokke die McCaws en/of Pococks met die vuiste bydam sodat die probleem kan oorkook en tot ‘n einde kom.

Net terloops Schalk is baie besig maar oneffektief en verseker nie ‘n “fetcher” nie ons benodig ‘n Brussow of Stegman wat laag en sterk op die grond is.

So paar dinge oor sekere spelers. Spies lyk mean maar doen weinig, Habana en Smit is passasiers veral Smit wat ons 7 punte gekos het met sy swak ingooi. Wynand speel ook swak hy gaan deur ‘n gaping en dan sien hy nie die ouens aan sy buitekant wat oop is nie.  Fourie speel al 3 toetse swak. Danie Rossouw en Guthro was die enigste Bokke op die veld. Ek is nie so seker Ruaan is baie beter as Januarie nie. Kankowski het goed gespeel al was dit op flank. Ek is nie ‘n groot Kirchner fan nie maar dink nie ons het huidiglik beter op heelagter nie.

Groetnis en moenie worry oor die Blou nie sal na hulself kyk!

Iemand het eenkeer gesê ; Die mens is die enigste skepsel want kan bloos en behoort ook!

12 Responses

  1. John Smit is nie ‘n goeie kaptein, nie, was ook nog nooit nie. Ja, nou wil baie mense stry, maar voordat julle stry, se vir my eers wat maak ‘n goeie kaptein?

  2. Vergeet om dit in die blog te sê, ek het getel Pocock is 4 keer in die “rooi sone” gestraf vir onwettig speel en het nie ‘n geekaart gekry nie. As dit nie onkonsekwent is nie dan het ek myself verloor!
    Maar ek sê weer dit is nie die rede hoekom die Bokke verloor het nie, mens verwag net ‘n regverdige kompetisie!
    Ek stem nie saam dat spelers en afrigters beperk moet moet word met uitsprake na die game nie, dit is net ‘n manier om die swak skeidsregters te beskerm. Enige persoon wat die reels verstaan sal mos ‘n belaglike uitspraak van enige speler net aflag, die probleem is dat hulle dink die rugby publiek kan nie sien nie en kan ook nie vir hulself dink nie.Ek meen as P O’Brien (hoof v Sanzar skeidsregters) kan verklaar dat hy dink die skeidsregters was goed in die 3 toetse dan sê dit ook mos iets van die dom Kiwi se IK!

  3. Van my af ook: Dankie Johan vir die nuwe blog. André, jy’t alles pragtig en waar opgesom. Blouwillem het snorre mooi beskryf in vandag se Beeld. Wonder of Saru hom nie sommer nou reeds ‘n golden handshake moet gee en Jake White dadelik terugbring dat hy minstens bietjie damage control kan doen voor die wêreldbeker nie.

    Groetnis.

  4. Juan Smit was ‘n yster die naweek. Ons kort hom in die Bokke, maar nadat hy vir January geklap het dat hy op sy gat sit sal hy seker nie weer speel nie. Kan ook nie sonder ‘n fetcher klaarkom in die Bokspan nie.

  5. Dankie Johan
    die site lyk goed, lyk my die ander een se host het `n bietjie probleme met die gereg.

    ek stem saam Juan hoort in die bok span of in die groep, `n fetcher soos stegman is noodsaaklik, dink egter nie snorre besef dit nie. hy moet ook besef `n goeie grote is altyd beter as `n goeie kleintjie, aplon is goed maar bly klein en op swaar velde verdwyn hy. die bokke is definitief lekker benadeel, maar dit ten spyt is ons baie swak. ek dink daar is `n paar ou manne wat nou lank in die tand raak en teen volgende jaar is hulle tande nog langer, dis nou die tyd om die kaptein en `n paar ou manne te vervang, ek verloor eerder nou `n paar games en kry ervaring en doen goed in die wereld beker, snoor het duidelik ander idees.
    ek moet se ek as `n BUL ken nie eers al die spelers wat op die oomblik vir die bulle speel nie, maar hulle doen ervaring op en dit sal in die toekoms help, miskien help die boerbokke wat nou terug kom `n bietjie. geluk Gerrie jou span het verdien om te wen.
    onthou net die seisoen is nog lank.
    groete
    Louwrens
    BLOU BLY MOOI

  6. Ek persoonlik dink Smith se spelpeil beinvloed sy kapteinskap. 3 min voor rustyd kry ons ‘n strafskop 5 tree van die doelyn af, die telling op daai stadium 12 – 3. Gewoonlik sou ons of pale toe skop of die kantlyn opsoek. Wat besluit Smith??? Skrum!!! Hoekom??? Want hy is te vet om ‘n bal reguit in ‘n lynstaan te gou en hy twyvel oor sy eie vermoeëns. Ons verloor die bal en die Ausies gaan druk ‘n minuut daarna. Maar soos Gerrie tereg opgemerk het dat ons nie induvidee die skuld moet gee nie, maar die hele span, voel ek tog dat die grootste probleem by ou “Walvis komunikeerder” is. Die Ausies is reg as hulle hom ‘n nar noem. Die man se spankeuses en kombinasies is pateties. Ek weet daar is ‘n klomp mense wat nie saam met my gaan stem nie, maar ‘n mens kan nie die A/B en Ausies aanvat met ‘n muggie op vleuel, ‘n stut wat 80kg weeg (ek sien kans om teen BJ te skrum), ‘n fullback wat geen voet of slaankrag het en geen fetcher te kies nie. Daar sit Francois Steyn een van die spelers met die grootste skopskoen in die Wereld en wat 2 speler kan besighou as hy in die lyn in kom, maar nee ek sal eerder wil verloor. Ek is bereid om vir ou Helium de Villiers elke Saterdag ‘n papsak wit wyn te stuur, solank hy net by sy kaia gaan sit en ons rugby los!!! Gerrie, onthou jy nie laas jaar het jy ook so vroeg in die jaar tekere gegaan dat ons moet pasop dat ons nie die final gaan haal nie, net ‘n Reminder: ORLANDO, BULLE vs WP en geen Sharkie naby nie. Currie Cup staan op Loftus!!!
    Hou dit Blou.
    Groete
    Seun

  7. Om Niek (dit is nou my jongste, André jnr) te probeer antwoord ek dink ‘n goeiekaptein is belangrik om veral in ‘n spansport die span bymekaar te hou deur goed (sinvol ) met die span te kommunikeer en soms te kalmeer as dinge skeefloop in die game, standpunt in te neem teen ‘n skeidregter op ‘n beskaafde manier (as dit moontlik is met sulke arseholes) en regte besluite te neem as dit kom by goed soos strafskoppe. Ek dink Smit doen al bg dinge goed maar sorry in sy spel moet hy ook lei deur sy voorbeeld en ek dink huidiglik is hy niks beter as die 4e of 5e haker in SA nie en ongelukkig kan so vet seun nie langer kaptein wees vd span nie.Hy persoonlik het seker vd meeste tackles gemis, skrum nie goed nie en gooi swak in die lynstane in. Maar ‘n kaptein bly soms walglik lank in die span al bring hy nie sy kant nie, so moenie te optomisties wees oor daai een nie.

    Ek dink steeds die Bokke se grootste 2 probleme is dat hul verdediging nie georganiseerd is nie en hul daag nie agressief in getalle by die losballe op nie.

    Sien Blouwillemaandag sê Snorman is nie ‘n nar nie want hy laat ons huil en nie lag nie.

  8. Johan het ‘n paar videos gelaai, klik net bo op vidoes en kyk. Net jammer die eintlike oortreding v Pocock was in die eerste helfte en dit was op die Aussies se doellyn en baie meer blatant as BJ s’n en was verseker ‘n gele werd.

  9. Maak asb seker julle kommentare word ingesit net onder my weeklikse kommentaar maw net na die weeklikse aanhaling anders as julle heel onder gaan dan lê ons kommentare op 2 verskillende plekke!

    Vetseun sal moet kook!

    Springbok captain John Smit faces the toughest test of his illustrious career as he has just under a month to restore the passion and pride in the Green and Gold jersey before his team face the All Blacks on August 21.

    Smit and his teammates arrived back from a disasterous Tri-Nations away leg on Sunday night, with many questions about their discipline, game plan and form ahead of next year’s World Cup in New Zealand.

    The Bok captain has been at the centre of the criticism, whether it has been his form on the field or his ability to control his team and their constant disciplinary issues on the field.

    Smit will have the perfect opportunity to answer his critics on August 21, when he gets his 100th cap in a Springbok jersey, with his vice-captain Victor Matfield grabbing his 100th cap a week later at Loftus Versfeld.

    It could turn out to be one of the most telling performances for the Bok captain, who has struggled with fitness and form this year. Along with a beleaguered management team, and reports in newspapers of a split in the camp, Smit will be tested now more than ever.

    If all the reports of the team being run by committee are true, then in times of adversity the strongest personalities need to come to the fore. Here, Smit is no stranger to troubled times, and has shown the strongest leadership skills in the past to help his team get past the problems they have faced.

    Most notably the Luke Watson affair comes to mind, where Smit stepped in to keep the team together after coach Jake White was struggling to do his job under constant pressure from politicians and within the team, which clearly didn’t want Watson there.

    At that time, many Springboks have told how great a role Smit played in keeping the team from splintering into various camps and if it wasn’t for his influence the team would have never won the 2007 World Cup in France.

    But perhaps more telling, Smit needs to reassert himself on the rugby field, where he has been one of the players who has disappointed both with his defence and lineout throws. The lineout mess in Brisbane that led to Drew Mitchell’s try is the perfect case in point.

    This is also not new territory for Smit, who has been dogged by form questions his entire career, but has always had the ability to bounce back and prove his critics wrong. One of those — World Cup winning former All Black captain David Kirk — was the latest to have a go at him over the weekend.

    “I am sorry to say that John Smit is no longer the player that he was previously. For a while now he has been looking a bit heavy, slow and somewhat off the pace for international rugby,” Kirk said.

    Perhaps the best judge of the task ahead is Smit himself, who on Monday was honest in his assessment on Twitter of the tour, acknowledging the fact that the Boks themselves are looking for answers at this moment.

    “Well its hard 2 say much other than 3-0 hurts more than u can imagine, not too many answers right now but we have time 2 work it out at home,” Smit tweeted on arrival back home.

    One thing is certain. The All Blacks will arrive in Johannesburg full of confidence and wanting to rub their dominance in South Africa’s noses at the historic clash at Soccer City.

    There will be plenty of history about on a day that rugby plays its first test in Soweto, and with Smit’s milestone at the same time.

    The Boks will need their ‘captain courageous’ to bury the wrongs of Auckland, Wellington and Brisbane and return as their leader at the forefront of one of the toughest challenges they will face.

    A challenge that will tell us a lot about the team’s mindset ahead of next year’s World Cup.

    There are questions to be answered, and leading from the front, Smit is the right man to answer them.

  10. Dalk is ek ‘n bietjie hard op ou Johny. As dit goed gaan met die bokke word hy geprys as kaptein en as dit sleg gaan word hy afgeskiet as speler. Dink bietjie diep na oor wat dit beteken. Nooit word hy as speler geprys nie. Kapteine kan gemaak word (dis ‘n mite dat leierskap slegs ingebore is), so ook goeie spelers. Dus, hy kan vervang word, ten enige tyd. Ek dink dis belangriker dat ‘n kaptein deur sy voorbeeld ‘n swak vertoning van ‘n span moet verbeter deur sy eie spelpeil te lig, hy doen die teendeel. As dit sleg gaan lyk dit of hy wegkruip.

    Ons kort ‘n kaptein, nie ‘n diplomaat nie. Die Departement van Internasionale Aangeleenthede kort juis nou iemand in Eritrea, stuur hom. Alternatiewelik kan hy met al sy motiverings, mooipraatjies, ens die waterseun langs die veld wees, maar ek dink nie hy sal die pas kan volhou nie..

    • Shame nou wil hulle sommer vir Vetseun Eritrea toe stuur of waterseun maak, klink vir my maar wreed Gerrie dis seker oor hy van KZN af kom né.

  11. Dink julle hierdie grappie sê iets vd Ierse skeidsregters se IK.

    An Irishman is cleaning his rifle and accidentally shoots his wife. He immediately dials 911.
    Irishman: ”It’s my fooken wife! Oi’ve accidentally shot ‘er, I think oi’ve fooken killed ‘er!”
    Operator: ”Please calm down Sir. Can you first make sure she is actually dead!”
    *click* … *BANG*
    Irishman: ”Okay, oi’ve done that. Wot next?”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.