9 Augustus 2010

Algemeen

Daar het bietjie opleiding plaasgevind en nou gooi ek darem nie die dinge meer weg nie! Hoe het my een kollega altyd gesê  “André verstaan baie gou  jy moet net aanhou verduidelik.” Maar dit is nie heeltemal waar nie kyk net hoe verstaan hy sy rugby hy ondersteun die beste span, wys jou net!

Ek dink Kaplan het baie goed geblaas tussen die A/B en Aussies en alhoewel hy waarskynlik ook klein foutjies gemaak het, het hulle geweet wat hy bedoel. Hy sê “no 7 roll away” en dan reageer en weet die speler. Die Aussies het beter gespeel as wat ek verwag het maar die A/B het ewe skielik nie so goed gelyk as hulle nie toegelaat word om by die losskrums te verneuk nie. Die Bokke sal hul verdediging baie moet verbeter en ‘n fetcher kry. Alhoewel daar ook ander swak spankeuses is. Dit is in elk geval verby die A/B’s gaan die 3 nasies wen die Bokke moet net reg kom vir volgende jr se W/Cup. Hoekom ek sê dat die probleem by die afrigtingspan en spankeuses lê is, hoe kan SA die S14 oorheers teen dieselfde kompetisie en ewe skielik nikswerd wees in die 3 Nasies nie? Moenie my vra wat soek Januarie, JP Pietersen, F Steyn en B James in die groep nie, so sal die Bokke nerens kom nie.

Bulle vs Luiperds

Manne ek is skaam! Amper het die Bulle pak gekry ek meen as jy 31-10 voor is beteken nie jy kan 7 spelers vervang met spelers wat nog nooit ‘n rugbybal gesien het nie. Maar selfs voor hulle vervang is het die Luiperds net eenvoudig deur daai agterlyn vd Bulle gehol (soos verlede week ook ), die senters verdedig swak maar so ook  (soos nog altyd) J Louis Potgieter, hy het bu die Bulle swak verdedig, toegaan hy Cheetahs toe waar hy nog swakker verdedig en ongelukkig is hy terug, dankie tog hy gaan volgende jr Sharks toe! Hougaard was uitstekend en is een van SA se beste spelers. Vd Heever kan een van SA se beste vleuels word maar verder was daar nie veel om oor opgewonde te raak nie. Dink egter nie ons moet die Luiperds onderskat nie hulle het ‘n paar uitstaande games gehad.

Stormers vs Griekwas

Die Stormers het baie goed gespeel in is op vorm huidiglik die beste in die C/beker maar onthou hulle het net Schalk, Habana en Bekker wat weg is so hulle is feitlik op volsterkte want ek is nie oortuig Schalk is beter enige vd 2 Louws nie. Ek dink die Griekwas is geknak vir die seisoen en kan baie gelukkig wees met hul posisie op die log. ‘n Groot voordeel vd Stormers is dat hulle ‘n groot klomp spelers het wat baie na aan Bok standaard is en dit maak hul basis sterk al is hul Bokke weg.


Sharks vs Lions

Die Lions speel beter as die afgelope paar seisoene maar het net nie vir my enige uitstaande spelers nie en lyk daarom baie gemiddeld. Die Sharks het ook nie eintlik Bokke wat afwesig is nie en speel dus met baie na aan sterkste span. Die Sharks het ‘n goeie pak voorspelers en kan vanjaar goed vaar, veral as Smit lank genoeg wegbly! Die 2 of was dit 3 onderskep driee het dalk die Lions laat swakker lyk as wat hulle werklik is. Hoekom JP Pietersen na die Bok groep geskuif is sal net die Nar weet! Lambie het weer gewys dat hy baie potensiaal het, moet egter sê dat daar geen druk op hom was nie.

Cheetahs vs Pumas

Al wat ek weet is dat die Cheetahs 45-30 gewen het, die 30 sê my die Cheetahs staan nog steeds te veel punte af.

Samevatting

Ek dink van die “sterker” spanne is die Bulle huidiglik die swakste en speel werklik pateties.

Dink ‘n paar van “Murphy’s lesser known laws” is dalk van toepassing op ons Bok afrigter!

1. Light travels faster than sound. This is why some people appear bright until you hear them speak.
2. Nothing is foolproof to a sufficiently talented fool.


7 Responses

  1. Sorry die opskrif se datum moes die 9e en nie die 3e gewees het nie, lyk my ek en die Nar is in dieselfde klas van IK.

  2. Mooi man. Plaas jy toe net die opskrif fix eerder as om die fout in ‘n comment te erken.
    Ek hoor by iemand dat die Bokke wat vol gekontrakteer is vir volgende jaar se WB nie gaan kan Curriebeker speel die jaar nie. As dit waar is dan het die Bulls ‘n probleem aangesien hulle diepte nie na wense is nie. Daar is seker in elk geval nie veel Bulls spelers in die Bok span wat ‘n groot verskil sou gemaak het soos hulle nou speel nie. Meyer sal maar moet werk met die ouens wat hy nou het en sorg dat hulle spelpeil oplog.

    • Jd, Ludeke sal sy vinger moet trek, as dit maar net Meyer was!!! Die bokke sal verseker in die currie cup speel, elke jaar word daar gesê dat hulle nie gaan nie en dan doen hulle. Ons manne moet net sorg dat ons die semi’s haal, die groot kannone sal dan kom klaar maak!!!

  3. Wou ook nog se dat daai Willem Alberts van die Sharks is ‘n groot yster. Ek het nie een tackle op hom gsien waar hulle hom dadaelik grond toe bring nie. En daai tackle waarvoor hy gestraf was, was ook totaal onregverdig. Ek dink dit was hy ne? Dit het gelyk soos ‘n bulldozer wat die tackle gemaak het. Ek dink ook die Sharks kan dankie se dat Ruan beseer is. Hy is klaar.

  4. Dink julle nie ook daar is te veel spelers van sekere unies wat nie hulle kant lekker bring in die Bokspan nie?

    Former Wallaby coach and the Springboks technical advisor during their World Cup-winning 2007 campaign, Eddie Jones, has pinpointed the loss of scrumhalf Fourie du Preez as the main reason the Boks are struggling this year.

    Jones, who has a good working relationship with Du Preez, has rubbished claims that the Springbok game plan is outdated, and told the Sydney Morning Herald that it was not necessarily a bad idea to try and convert Bulls Super 14 success into Springbok success.

    Jones adds further that the Springbok slump is temporary and warned other nations to write off the Boks at their peril.

    ”They are missing the one bloke who is the best player in the world — Fourie du Preez,” Jones told the Sydney Morning Herald.

    ”They have not only lost the bloke who kicks the ball best and who, with the ball, attacks the best, but that has put enormous pressure on their No 10 [Morne Steyn] who looked like he was going to be a player of 60 tests but now looks like a player who will struggle to get to 40 because Fourie is not there.

    “Once they get Fourie back they’ll be a much better team.’

    ‘ It was telling that Bok coach Peter de Villiers invited Du Preez to share his thoughts with the squad at the start of their four-day training camp in Johannesburg. The scrumhalf gave his insights into what went wrong and how to rectify it during his stay there, according to team management.

    Jones says the Boks’ mimicking of the Bulls game plan is how they want to play.

    ”They kicked more than any other team, offloaded less than any other team, but scored more tries,” he said of the Bulls.

    ”Their lineout and kick-off was excellent. They kicked a lot and well. When they got ball in the opposition half they were able to keep the ball. That is how the Springboks want to play.”

  5. Nou nie ‘n man wat onnodig negatief is nie maar net realisties. Dink nie die Bulle het veel van ‘n kans teen die Stormers nie hoofsaaklik omdat hulle baie sagte driee afstaan agv swak verdediging. Mens weet egter nooit hulle pluk dalk net vinger.
    Ek verwag dat die Sharks ook redelik maklik met die luiperds gaan afreken die Bulle het net verlede week toe hulle 31-10 voor was ‘n klomp swak plaasvervangers opgebring en hulle het nie gekonsentreer nie.
    Hoekom enigeiemand sou spyt wees dat F Steyn nie vir die Bokke kan speel nie sal ek nie verstaan nieaangesien hy in sy laaste 5 toetse vir die Bokke en ook vir die Haaie voor hy weg is baie swak rugby gespeel het, al wat hy kan doen is ver skop.

  6. Ek dink julle Bulle moet regtig begin bekommerd raak wat die Bulle speel huidiglik baie swak rugby. Dis of die ander spanne wat beter speel of die Bulle is net uit hulle klas die jaar!!! Ek hoop vir julle part hulle gaan die Wp troef anders is julle selfvertroue daarmee heen. My span lyk goed maar dit is nog vroeg, hulle het gelukkig hierdie keer swak begin en lyk my word net beter. Geniet die rugby, en hoe sê daai manne van die Leeus, my bloed is rooi, ek is normaal!!!! Kyk nou die dag hier by ons het ‘n kar een van die apies doodgery en ek kon sweer daai bloed was blou, of was dit my donkerbril???

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.