Algemeen
Was maar bietjie saai sonder ‘n Tri Nation game maar gelukkig was die C/beker games van ‘n goeie standaard. As ek weer kyk hoe sekere C/beker spanne foute wat hul in vorige games gemaak het regstel is dan is ek oortuig ons Bokspan se afrigtingspan is nie op standaard nie. Die Bokke het dieselfde foute in al 3 die eerste games gemaak, so het hulle swak verdedig en swak gekompeteer by die afbreekpunte en dit het net aangehou in al hul wedstryde. Die Bulle het in hul vorige game swak verdedig en Saterdag uitstekend verdedig, dus het die afrigter iets gedoen om foute reg te stel.
Sharks vs Luiperds
Ek het voorspel dat die Sharks maklik sal wen en dit was ook so. Die Sharks speel tans baie goed en lyk elke game beter. Dit is ook waar dat ‘n swakker span (Luiperds) soms ‘n uitstaande game speel soos laasweek teen die Bulle maar selde in staat is om so goeie game te herhaal. Ook het die Bulle se swak spel hulle waarskynlik laat beter lyk as wat hulle werklik is. Dit is veral die samespel vd Sharks se voor en agterspelers wat my beindruk. Dit moet egter nie vergeet word dat die Sharks amper op volsterkte is en nie ‘n groot aantal spelers aan die Bokspan afgestaan het nie. Bismarck bly ‘n harde speler hy sal net iets aan sy dissipline moet doen want het weer amper ‘n geelkaart gekry. Sal interresant wees om te sien wat gaan volgende week gebeur tussen die Sharks en die Stormers, uiteraard kan hulle nie altwee wen nie so ek sien al hoe begin die Bloumasjien hulle inkatrol op die log aangesien die Bulle tuis teen die Griekwas speel.
Lions vs Cheetahs
Was dit nou nie ‘n dierbare uitslag nie, ek bedoel vir die Bulle. Ek dink die Lions speel al hoe beter onder hul nuwe afrigter en speel ook regtig mooi rugby. Daar is ‘n paar vd jong spelers wat regtig baie potensiaal toon en goed speel veral daai jong losskakel. Hulle het ook net ‘n ernstige probleem met hul dissipline. Baie mense wou Jano Vermaak na een of twee goeie vertonings ‘n Bok maak, my opinie is dat hy gelukkig kan wees om nog in die Lions span te wees, sy dissipline is veral swak en hy is baie stadig agter die skrum en sit sy agterlyn baie onder druk. Dink nie hulle het ‘n goeie kans om die eerste 4 te haal nie maar hulle kan op die dag enige span pootjie wat hulle onderskat. Soos Saterdag. Hulle kaptein vd Merwe is ‘n bul slot en sal geen Bokspan in die steek laat nie, dit is jammer dat hy en Doppies hul talent in so span vermors.
Stormers vs Bulle
Ek het verwag dat die Bulle ver gaan verloor maar soos altyd was dit ‘n tipiese N S wedstryd wat baie hard en goed was. ‘n Gelykop uitslag sou waarskynlik ‘n goeie weergawe vd wedstryd gewees het. Die Bulle het nie goed gevaar in die lynstane nie en was ook baie ongelukkig om Gary (kaptein) en daarna ook nog vir Kuhn (onder kaptein) en ook vir D Potgieter wat uitstaande gespeel het met besering in een wedstryd te verloor, maar dit is mos maar hoe rugby soms werk. Die Bulle se skrummie het baie swak gespeel en het hulle verhoed om die wedstryd te wen. Ek dink dat Watermeyer baie goed op senter gespeel het en so ook Kirchner en vd Heever (behalwe vir sy hoogvat) is tans een van ons beste vleuels. Ek hou lankal van Koster vd Stormers en hy het weer uitstekend gespeel. Dink nie veel van De Waal as losskakel nie maar jy moet ongelukkig nie foute teen hom maak nie want hy gaan jou straf. Dwyane Vermeulen het soos gewoonlik sy bes probeer maar die Bulle het hom laat sleg lyk. Ek het die idee gekry dat die Stormers baie bly was toe die eindfluitjie blaas. Wat my betref is daar net een uitstaande Bok vd Stormers wat kan terugkom en hul span versterk en dit is F Louw. As ek ‘n realistiese Stormer ondersteuner was sou ek diep bekomerd gewees het, dit was op Nuweland, die wind was in die eerste helfte sterk in die rug vd WP en het gaan lê net voor halftyd, die Bulle het 10 min met 14 man gespeel.
Samevatting
Toe ek die Bulle game klaar gekyk het, het ek tot die nare gevolgtrekking gekom dat daar ‘n verrassing wag vir die res v SA ( daar is mos net twee kampe, die Bulle en die res v SA) en dit is dat die C/beker nêrens gaan nie, sorry hy bly net daar waar hy staan!! Wees realisties oor watter Bokke moet terugkom vir die verskillende spanne (as hulle gaan terugkom), vir die Bulle (Matfield, Bakkies, D Rossouw, F vd Merwe, Spies, Hougaard, Morné, Wynand, Guthro), vir die Sharks (Smit, J du Plessis, Beast, JP, Kankowski, Ruaan -beseer en gaan oorsee- Smit se terugkeer gaan waarskynlik die huidige span verswak), die Stormers (Aplon, De Jongh, Burger, Januarie, F Louw, Jaque, Jean, Bekker -beseer- Habana-speel tans baie swak), manne manne hier kom groot moeilikheid! Die spelers in die Bokspan wat regtig iets beteken kom steeds hier vd verre noorde!!
Geniet die Bokke, as julle kan, ek wil amper sê hulle kan wragtig nie swakker vaar nie maar hulle het my reeds twee maal verras so ek hou my bek. En ek wil nie weer kots oor die refs nie maar dit is dieselfde kriminele wat blaas.
Groetnis.
‘n Paar dierbare definisies!
HUWELIKSERTIFIKAAT : ‘n Soort jaglisensie wat jou tot een bok beperk.
KREDIETKAART : Iets wat meeste mense gebruik wanneer hulle ontdek geld kan
nie alles koop nie.
WITTEBROOD : Die vakansie wat ‘n man neem voordat hy vir ‘n nuwe baas
begin werk.
BAAS : Wat Ma vir Pa laat dink hy is.
BABA : ‘n Soort engel waarvan die vlerke korter word namate die bene langer
word.
BEGROTING : Iets wat jou laat wakker lê nog voor jy jou geld bestee.
DIEET : ‘ n Manier van maer word waarvoor jy gou dik word.
MIDDELJARE : Wanneer jy jou emosies vir simptome verruil.
Filed under: Uncategorized
ja nee Andre, die ouens wat die bulle afgeskryf moet weer mooi dink.
geluk aan die lions, uitendelik `n wen, geluk.
die res was maar effens, die refs is besig om rugby se gewildheid te laat taan. ek het tot die gevolgtrekking gekom dat rugby nie so belangrik meer is nie.
op `n ander noot ek sien saru wil van 2015 nie meer deel wees van sanzar nie, hoop hulle weet as jy die beste wil wees moet jy saam met die beste speel.
groete
BULLE altyd BO
Kyk wat sê bobbejaan Hansen:
Die All Blacks sal nie verbaas wees om meer geelkaarte vir Suid-Afrika in Saterdag se Drienasies-toets by die ENB-stadion in Soweto te sien nie.
Steven Hansen, die All Blacks se assistent-afrigter, het Woensdag na die vier geelkaarte verwys wat die Springbokke in die drie Drienasies-toetse sover gekry het.
“Ons moet almal by die reëls bly en goed speel,” sê Hansen.
Interresante statistiek is deur die Aussies uitgehaal uit ‘n aantal onlangse toetse…………………….Vir ongeveer elke ses strafskoppe teen die Aussies en Bokke word ‘n geelkaart uitgedeel en vir ongeveer elke 43 strafskoppe teen die A/B’s word ‘n geelkaart uitgegee! Laat mens drink né!