Algemeen
Daar het Dinsdag iets met die Oubaas se rug skeef geloop (blykbaar ligamente seergemaak) en ek is Wo op my kniee in by die dr met baie ongemak en pyn en vier inspuitings en twee hande vol pille gaan dit nog steeds nie baie lekker nie so ek sal kort skryf want die sit is ook ongemaklik – gelukkig het ek kon lê en rugby kyk, dierbaar!
Lag ek lekker Vrydagaand na my span se klinkende oorwinning oor die Griekwas (1 punt is mos ‘n wen of nie), Gerrie sal seker weer sê ons het ook al die geluk maar wat wou, soos Seun altyd sê die Bulle maak hul eie geluk! Wonder ek ook oor wat die effek op spanne is wat meer of minder spelers aan die Bokke afgestaan het. Dit is so dat daardie spanne oor die korttermyn benadeel word gedurende die C/beker seisoen maar ek dink oor die langtermyn is dit tot daardie spanne se voordeel, ek het erens gesien dat daar iets soos 9 spelers in die huidige span vd Bulle is wat nog onder 21 is en dit is klaar duidelik om te sien dat daardie jong spelers goeie ondervinding kry en dit is bevorderlik vir diepte.
Bulle vs Griekwas
Moet erken ek was benoud toe my span op een stadium 27-7 agter was. Maar soos dit ‘n Bul span betaam was hulle darem in die 65e min vir die eerste keer voor. Moet sê daai gesegde van die beker word nie in Mei gewen nie laat my keel nou bietjie toetrek. Was dit nie vir daai ander Naas se mis skop in die doodsnikke nie was my span gone! Gelukkig het hulle dit nie gebeeldsend nie anders was ek ook dalk gone! Met my Fm’pie geluister en al wat ek kon aflei is dat Jaco vd W weer baie swak gespeel het.
Lions vs Pumas
By tye nogal goeie rugby gewees en ek dink nie mens moet die Pumas onderskat nie hulle kan moeilik wees op hul eie veld en ek dink dit was met genade dat die Lions gewen het met 3 punte.
Cheetahs vs Luiperds
Nie gesien nie maar die Cheetahs het hulle gemors. Dit is ongelukkig so dat swak spanne soos die Luiperds soms ‘n skitterende game speel maar meestal maar ploeter. Wat my egter verder worry van my span hulle het ook amper teen dieselfde Luiperds verloor.
Sharks vs Stormers
Gerrie en Mariette gaan die kommentaar geniet maar soos julle die oubaas ken hy is mos altyd objektief.
Die Sharks speel uitstaande rugby, veral die samespel tussen voor en agterspelers is baie goed. Wat ook vir my die jr baie beter by hulle is daar is ‘n paar harde ysters soos Alberts en Bismarck wat die pap aanmaak en dan is daar die ander wat meer los speel en in geheel kombineer hulle goed. Dit was veral weer duidelik om te sien dat Bismarck hoort in die Bokspan en maak veral by die afbreekpunte ‘n groot verskil, hy moet net let op sy dissipline want hy het weer ‘n opponent met die elmboog geloop. Moet sê die Sharks lyk na die span in die kompetisie maar ons sal maar sien want hulle glip mos gewoonlik eers later né Gert! Moet ook nie vergeet nie die Stormers het baie goeie spelers aan die Bokke afgestaan.
Bokke vs All Blacks
‘n Baie beter vertoning van guts maar ongelukkig nog ‘n paar swakplekke en alhoewel daar weer een of twee twyfelagtige beslissings was moet die Bokke maar hulself blameer vir die uitslag. Morné het nie ‘n goeie game gehad nie so weereens ook Habana (alhoewel bietjie beter). Spelers wat meer as hul kant gebring het was Schalk, Juan, Hougaard (wat lanklaas no 9 gespeel het), ons senters het nie sleg gevaar nie veral op verdediging maar het nie gelyk of hulle op die aanval iets kon vermag nie. JP het minstens die skoppe gejaag en het kwaai druk op die AB’s gesit, alhoewel hy kruppel was ‘n rukkie voor die einde en nie kon voluit hardloop vir daai laaste kritiese tackle nie. Kon nie verstaan hoekom Snorre die twee spelers (Juan en Hougaard) wat baie goed gespeel het vervang en kruppel JP op die veld los nie. Ek het baie respek vir Smit maar sorry hy is onhandig dik en oneffektief en hoort nie meer in die span nie, hy verdedig ook al lankal swak as hy sy goeie naam wil hou moet hy vinnig uittree – dis dalk klaar te laat! Dis alles baie oulik dat hy ‘n goeie ambassadeur en oordentlike mens en kaptein is maar sy eerste taak is sy game! Kyk hoe lyk Hougaard se hare maar kyk hoe speel hy! Aplon het my weer verbaas hy speel nog steeds ver bo sy gewig en het alles goed gedoen ek is oortuig dat hy ‘n baie beter heelagter as F Steyn is.
Die Bokke gaan te stadig op om te verdedig (en mis ook nog soms kritiese tackles), jaag nie al hul skoppe effektief nie en daar was weer paar keer te min Bokke by die afbreekpunte en die laaste bal wat so omgekeer is het ons die game gekos.
Daar is minstens hoop vir volgende week alhoewel ek dink dat die Aussies meer intelligente rugby speel as die AB’s en ons kan dalk weer verloor. Die verandering aan die span wat verbeterings getoon het het maar net weer gewys dat die afrigter moet die spelers wat op vorm is kies!
Opsommend
Nou ek en Poplap was nog nooit by Poffadder, Garies en Springbok en al daai ver plekke nie so as my rug more beter is dan vat ons dv Dinsdag die woonwa (Tv & all) en gaan bietjie so 10-14 dae daar in die verre N Kaap uitspan, Johan moet maar bietjie die blog laat rol die Oubaas kan ook nie alles doen nie. Wou eers die taak aan Seun opdra maar ek is net bang hy maak arme Gerrie te kwaad!!
Geniet die rugby en moenie die BLOU voortydig afskryf nie dit kan baie duur word!!
*******************************************************************************
To love God is the greatest of virtues; to be loved by God is the greatest of blessings – Portuguese proverb
*************************
| Laws Newton Forgot
LAW OF QUEUE: If you change queues, the one you have left will start to move faster than the one you are in now. LAW OF TELEPHONE: When you dial a wrong number, you never get an engaged one. LAW OF MECHANICAL REPAIR: After your hands become coated with grease, your nose will begin to itch. LAW OF THE WORKSHOP: Any tool, when dropped, will roll to the least accessible corner.
|
Filed under: Uncategorized
more almal
ja die w.p het terug aarde toe gekom met `n bang, well done sharks, onthou egter die cup is nog nie gewen nie.
die luiperds is presies wat hulle naam se lui — perde.
die bulle het gewen dis al.
ek was by die bokke se game saterdag, daardie stadion is fantasties, dis `n plesier om so rugby te kyk.
die bokke was beter, maar die blacks is nogsteeds beter en het verdien om te wen, hulle het beter rugby gespeel, maar hulle peak alweer te vroeg, die world cup is eers volgende jaar.
groete
Louwrens
BLOU bly BO
Ek is bekommer oor die Bulle. Kon nie die game sien nie, maar my verteenwoordigers wat op Loftus was, was nie beindruk nie.
Ek dink die Sharks het puik rugby gespeel en daai game se tempo was ongelooflik. Ten minste was daar een goeie game rugby die naweek.
Die Bokke was beter met tye, maar verdedig nog te stadig en kon nie die pas volhou nie. Dit het gelyk asof altitude die Bokke eerder as die ABs gevang het. Juan Smit was ‘n yster en het gewys hy is 1ste keuse loosie. Juan de Jong se verdediging het beindruk. John is klaar. Hoop hy besef dit en tee uit sodat hy nie verder ‘n handrem vir die span is nie.
O ja en dan Hougaard het gewys dat hy op die stadium Fourie se opvolger kan wees.
stem saam met alles johan. ek dink die bokke is nie fiks nie, en hulle konditionering is beslis verkeerd.
ek hoop die bulle skrik wakker, hulle het al in die verlede stadig begin net om later die beker te wen, hoop dis weer so. hougaard is `n yster op skrumskakel en sal by fourie oorvat, hy wil rugby speel.
Julle moet asb nie gly en die Bulle met ‘n kleinletter spel nie hoor, ek watch julle!!
sorry. a moment of madness
Oubaas , ek dink jy’s ‘n verskuilde SHARK , jy wil eintlik ons ondersteun maar bang die bure hoor dit !!
Wel as ek vanaand na die Puma Game kyk dan is ek baie bly ek is nie ‘n bul supporter nie , en as ek na die nuus luister ek ek maar bly ek skree vir my ou spannetjie wat nog nie 1 super 14 kon wen nie