29 Augustus 2010

Algemeen

Die oubaas kyk mos blomme in die Noordkaap, so ek (Johan) sal ‘n vinnige inskrywing maak.

Pumas (22) tn Bulle (21)

Die Bulle bekommer my sterk en ek sien al hoe haal ons nie ‘n semi nie.  Die Pumas was gemiddeld en is nie een van die beste spanne nie, so die Bulls moes regtig swak gewees het om die een te verloor.  Brummer het soos sy dronk antie geskop.  Die Bulls verdedig ook swak wat wys uit die 4 drieë wat die Pumas teen hulle kon druk.  Dis ‘n hartseer tyd in Blou rugby en kom ons hoop hulle kan in die volgende weke regkom.  En dan sien ek nog ons stutte maak die polieste ook seer…

WP (24) tn Cheetahs (29)

Moet sê ek het die een nie sien kom nie.  Veral omdat Juan Smith so ‘n groot faktor is in die Vrystaat span en hy nie daar was nie.  Gewoonlik verdedig die WP die beste op die veld, maar die Vrystaat het hulle ‘n ding gewys.  Ek dink die Vrystaat kan die game aan hulle verdediging toeskryf.  Ek dink Gio was weer goed en hoekom ek hom noem is dat ek dink hy het weer ‘n kans verdien in die Bok groep.  As Juan weer terug is maak hy ‘n groot verskil so die Vrystaat moet dopgehou word.

Sharks (48) tn Griekwas (30)

Die game was nie op die TV nie, maar ‘n wen teen die Griekwas is altyd goed.  Ek lees Bjorn Basson het 4 drieë gedruk en dit teen die Sharks moet iets van hom sê.  Lees ook dat Lambie takties goed was.  Dit sal goed wees vir ons rugby as hy in ‘n goeie taktiese losskakel kan ontwikkel.  Morne Steyn skop uitstekend, maar takties kan hy doen met bietjie kompetisie.  Dalk was Gerrie daar en hy kan ons bietjie objektiewe verslag gee?  Die Bulle skuld die Sharks ‘n dankie dat hulle die Griekwas uit die top 4 gehou het.

Lions (45) tn Luiperds (22)

Ek het die game nie gesien nie en nie een van die 2 spanne maak my juis opgewonde nie.  Dit was seker te wagte dat die Lions darem die Luiperds sou wen.

Bokke (44) tn Aussies (31)

Uitendelik darem ‘n wen!  Ek dink die Aussies was effe gelukkig aan die begin met ‘n paar vinnige drieë waarvan sommige effe “soft-tries” was.  Tog het dit gekom van swak verdediging van die Bokke.  Selfs met die wen is ek nog nie oortuig dat dinge erg omgekeer het nie, maar dis darem ‘n stap in die regte rigting.  Ek dink John was weer nie wat ‘n eerste haker moet wees nie.  Koms ons hoop dat hulle Bismarck sal WC toe vat?  Hougaard was myns insiens die skepper van 1 van die drieë asook instrumenteel in van die ander.  Ek het sommer al in minuut 60 geroep as MOM.  Ek is bly dat hy so skitter aangesien ons rugby ‘n goeie skrummy kort na Fourie.  Gurthro was soos gewoonlik ook weer goed.  Schalla het nie vir my gefeuture in die game nie.  Juan Smith is altyd ‘n yster.  Habana kort bietjie tyd terug in sy provisiale span om homself eers weer te bewys.  Die hoë score in die game het dinge interessant gemaak, maar ek persoonlik dink dis ook ‘n teken dat die gehalte van rugby in ‘n toets nie noodwendig die beste was nie.

“Never trust a man that doesn’t drink”

- Winston Churchill

7 Responses

  1. yes Johan
    dankie vir die blog.
    die bokke is nog ver van reg, egter bly ons het gewen. habana moet miskien maar curriebeker gaan speel en vorm kry, aplon op vleul sal nou veel beter wees. morne lyk ook beter want hy het nou `n goeie skrumskakel by hom.
    goeie wen vir die shark — dankie.
    die Bulle het probleme en dit wys as een van jou stutte donderdag voor vrydag se game 2 uur die oggend in die strate rondhang. die koppe is dalk nou bietjie te groot. hoop hulle skrik wakker.
    die cheetahs was great, well done.
    die res het net rugby gespeel.
    groete
    BLOU BLY BO

  2. Wie weet of John Smith nou gaan retire of wil hy Os se rekord slaan met woldcups gewen.

  3. Nou ja wat sal ek se , WP het ook te vinnig begin fier , lyk my die Leeus het hulle opgeet , en vandag is dit ons en my blou bull maaitjies . Het julle nie vir my kaartjies . Wil grag sien hoe die Sharks loftus stil speel

  4. Die Oubaas is veilig tuis, lekker gekuier. Kop is weer skerp soos meestal maar rug is nog nie lekker nie lyk my ek het nou die siekte waaraan ek sal sterf!

    Dit is met ‘n giggel wat ek Mariette se “comment” lees nl:

    “vandag is dit ons en my blou bull maaitjies . Het julle nie vir my kaartjies . Wil grag sien hoe die Sharks loftus stil speel”

    Wys jou maar net weer jy moenie die Blou manne onderskat nie, veral as jy ‘n metropolisielid is!!

    Die spanne is baie gelyk daar gaan ‘n groot geveg wees vir die eerste 4 op die log.

    Ek herhaal wat ek voorheen gesê het die Bokke het twee nee drie probleme, eerstens verdediging, tweedens daag net Guthro en Schalk (soms) by die losskrums op en derdens het hulle ‘n moroon wat sommige mense ‘n afrigter noem, daarby sluit ek verseker Dick Muir in, toe hy die Lions afgerig het, het hulle die meeste driee in die S14 afgestaan en die Bokke is op dieselfde pad.

  5. dankie andre

    hoor,hoor. dito ek stem saam

  6. Oubaas , bly jy’s terug kan nie wag vir die week se blog report nie. . Wanneer kry julle slim IT manne vir ons die link na Facebook toe
    Groete

    Ns ma bly ek het toe nie kaartjie vir die game gekry nie !!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.