Algemeen
Nou wat kan die Oubaas sê, terug na lekker kuier en min blomme in Namakwaland maar nogtans dierbaar gewees. Mia is uitgerus en soos altyd bederf tot in die afgrond (gelukkig lees sy nie die blog nie), my rug en pyne is beter maar nog nie reg nie, lyk my ek het nou die siekte waaraan ek sal doodgaan.
Kan ook nie baie van my span sê nie want hulle trek swaar sonder hul Bokke, het dit darem baie geniet toe die Bulle se 3e span die Sharks so week terug tot die werklikheid stamp!! Dink nog hierdie “onttrekking” vd Bokke van hul C/beker spanne is ‘n slenter om die Bulle te benadeel, moenie vergeet nie Snorre en Hoskins is beide WP manne. Vat maar Guthro, Danie, Matfield, Bakkies, Spies, Potgieter, Morné en Wynand uit enige span en kyk wat gebeur maar ons Bulle sal nie kla nie want ‘n paar jonges kry nou ‘n gulde geleentheid en soos Chris sê as ons net die semi’s kan haal en die Bokke is terug kan daar groot moeilikheid vir die ander “gemiddelde” spanne wees. Al wat sleg kan draai vir die Bulle is die feit dat hulle op vreemde grond sal moet gaan speel! As julle dink ek kla verniet kyk wat sê die slim manne op Supersport;
“………………… it was clear the Sharks are not quite the same team without the absent Bismarck du Plessis and Beast Mtawarira, who are absent because of the Saru/Springbok conditioning requirements.”
Sharks vs Pumas.
Die Sharks was net eenvoudig te sterk vir hulle en het maklik gewen. Was wat my betref net eenvoudig swak rugby want om na ses minute drie driee op die telbord te hê dui verseker nie op goeie rugby nie. Alberts vd Sharks bly beindruk en dit is ook weer bewys dat die Sharks se 3e haker is moontlik ook beter is as Smit. Wat ek moet erken is dat die samespel vd Sharks se voor en agterspelers baie goed is beter as enige ander C/beker span! Ek is nie die enigste wat die game as “swak rugby” beskou nie;
“The Sharks were scrappy for most of the second hour, and while they had several opportunities to add to their four tries in that period, they could only add three points to the 27 points they had accumulated by the 25 minute mark. The reason they struggled was their poor finishing and generally sloppy and loose play!”
Maar dit is ook so dat as jy gou en maklik ver voorloop dan verloor jy konsentrasie hoop maar hulle kan volgende Sa die Cheetahs se sterte knoop, enige span waar die hele skare altyd almal boo as die opponente opdraf hoort heel laaste op die log!!
Wat wel goed is vir die Sharks is dat as hulle so kan voortgaan hulle ‘n tuis semi en finaal kan kry en tuis is maar net so waar soos die gesegde “there is no place like home!”
Lions vs Griekwas
Alhoewel die Griekwas enige span op die dag kan klop bly daar steeds iets met hul temperament verkeerd sodra dinge verkeerd loop dan haak hulle uit en gooi dissipline oorboord. Hulle was nog redelik in die game tot hul geelkaart en toe draai alles teen hulle.
Moet erken ek het nie gedink die Lions gaan nog die seisoen regkom nie maar daai afrigter het wondere verrig. Hy het net besluit om ‘n klomp goeie jong spelers kans te gee en dit is ‘n totaal ander span, hul ou kaptein Kobus Grobler speel lankal swak rugby en kla net heeltyd by die ref ( baie soos ons Bok Jellietot) maar toe die span verander het alles net begin beter gaan en daar is ‘n hele klomp vd jonges wat baie goeie rugby speel. Hou maar vir Geldenhuys die een stut dop ek dink hy is maar iets soos 21 jr oud! Ek het eers gedink Jantjies die jong losskakel het ‘n geluk in die een game gehad maar moet erken hy doen deesdae alles goed en sy selfvertroue neem net toe, die Bulle het komende Saterdag ‘n game op hande veral soos hulle nou speel, gelukkig is dit op Loftus. Sal gladnie verbaas wees as hulle ‘n semi haal nie.
Stormers vs Luiperds
Nie die game gesien nie maar net daaroor gelees en alhoewel die Stormers maklik en ver gewen het is blykbaar al hul aanvalle en drie gedruk deur voorspelers en dit is nogal tragies en sleg vir ‘n span wat altyd daarvoor bekend was dat hulle “mooi hardloop rugby” speel. Ek merk al die hele seisoen op dat hul agterlyn sonder Aplon baie steriel is en nerens kom nie, ongelukkig vir hulle kan hul huidige losskakel (De Waal) nie eintlik rugby speel nie maar net goed pale toe skop.
Die Luiperds se haker het ook weer soos so dikwels in die verlede ‘n geelkaart gekry wat toe veroorsaak het dat die Stormers gou nog 3 driee kon druk in sy afwesigheid. Dit was nietemin goed genoeg om hul terug te plaas in die 2e plek op die log.
bulle vs CHEETAHS
Die Bulle het maar soos altyd net hulself om te blameer (behalwe vir die Bokke wat onttrek is). Hulle het deur hul eie swak spel (Jaco vd W en Jinka) teen die Cheetahs in beseringstyd die wedstryd met 2 punte verloor en toe weer later deur hul eie swak spel (weer Jinka) met 1 punt teen die Pumas verloor dit het hulle 6 punte op die log gekos (het darem gelukkig in beide elke keer ‘n B/punt verdien). Daai 6 punte kon hulle nou 2e op die log gewees het.
Hulle het weer Sa swak begin en met die afskop ‘n drie weggegee ( Jaco vd W was weer afwesig dit was sy tackle). Die res vd game was waarskynlik die beste vd naweek en kon in die laaste 10 min enige kant toe gaan. Maar soos dit ‘n objektiewe Bloubul ondersteuner betaam moet ek erken dat die telling die Bulle vly, die Cheetahs het deur swak afronding minstens 2 driee weggegooi. Die Bulle se groot probleem (soos die Bokke ook, Snorman en sy asst’e het dit nog net nie agtergekom nie) is dat daar gereeld te min Bulle betyds by die afbreekpunte was alhoewel ek ook dink dat die Cheetahs baie van hul voete afgegaan het en nie gestraf is nie . Alhoewel ek moet darem ter versagting sê dat die Bulle ook oor hul eie voete geval het in die laaste 10 minute toe hulle moes afrond en gaan druk het. Van Veldze die Bulle se 8e man en Kuhn speel al lank swak en behoort weggelaat te word ek praat nie eers oor Jaco en Jinka nie hulle moes nooit toegelaat gewees het nie. Chillyboy is ‘n kwota en ons sukkel elke keer in die lynstaan as hy speel uiteraard kon Gary nie vroeer opgekom het nie want hy is nog nie fiks genoeg na sy besering nie maar daar was ‘n merkbare verbetering toe hy wel opgekom het. Jaco Pretoruis speel nog altyd swak rugby maar hy bly ook in die span, verstaan dit nie. Kirchner het ook nie ‘n goeie dag beleef nie maar ek dink nog steeds dat hy huidiglik die beste is veral baie beter as F Steyn!
Daai klein ref het goed geblaas en ek hou vd manier hoe hy bekaafd en ordentlik met die spelers praat en verduidelik nie soos korporaal Marius Jonker nie, ek het net gedink dat hy twee blatante aanslane in die beweging waar Hendro S gaan druk het misgekyk maar sal nie kla nie want ek mag nie omdat my span verloor het! Dit is egter wat die manne van Supersport op hul blog sê , nie ek nie hoor Gerrie!!
The Cheetahs controlled most of the second half, and while the Bulls defended like demons, 34 phases later (and a couple of knock-ons missed), it was Hendro Scholtz who finally got his team’s reward for their patience to score what would be the match-winning try.
Dink nogtans die beste span op die dag het gewen! Sien Gerrie dis nie so moeilik om eerlik te wees nie !!
Opsommend
Baie interresante jaar die Bulle lê 5e op die log wat nie mooi is vir ‘n goeie span nie maar daar is net 4 punte verskil tussen die 2e en die 5e span op die log! Dink dat enige span tot by die Griekwas kan nog die semi’s haal of selfs die beker wen dit gaan ‘n baie interresante einde wees.
Net so laaste ietsie oor die Drienasies. Lyk my die A/B’s het klaar gepeak hulle doen dit mos altyd erens tussen W/bekers en was gelukkig om die Aussies met 1 punt te wen. Hulle het laasweek op B & All met Snorman gepraat en daarna het ek finaal besluit dat hy mag ‘n nice ou wees en die spelers laaik hom maar vd game verstaan hy en sy twee adjudante min. Dick Muir het terwyl hy die Lions afgerig het daarin geslaag om die span te wees wat die meeste driee in die S14 af te staan hy is vinnig besig om dit met die Bokke ook te doen. Snorre het nog nie agtergekom dat die Bokke swak (soms gladnie) verdedig nie en dat net Guthro en soms Schalk of Juan betyds by die losskrums opdaag nie. Hy kan ook nie sien hoekom hy Habana, JP en Smit moet drop nie (al is dit tydelik) jy kan mos nie aanploeter met Bokke wat so speel nie. Dit het moerse druk vd rugbypubliek en kritisie gekos om Januarie te los en Hougaard te speel en dit was die enigste rede hoekom ons daai een toets gewen het.
Nou komende naweek moet die Cheetahs duik in Dbn en die Bulle moet die Lions kelder op Fort Loftus dan kan dinge nog mooi word!!
Groetnis en geniet die rugby en waardeer wat die lente bring, die Oubaas gaan komende naweek op ‘n kerkkamp (julle weet net om Mia vir ‘n “tune up” te vat – ek brand wit!!), ek sal kyk maar sal nie die ref kan skel soos hier by die huis nie sal hom maar ‘n prominente middelvingers in my sak gooi!
………………………………………………………………………………………
Die hemel getuig vd mag van God, die uitspansel maak die werk van Sy hande bekend – Psm19:2
Joy is the experience of knowing that you are unconditionally loved – H Nouwen
Filed under: Uncategorized
Welkom terug Oom Andre!! Sien Gerrie begin alweer te vroeg praat. Hoor Stegman het weer begin oefen, dit gaan ‘n groot verskil in die Bulle maak. Moet sê, ek is nog glad nie bekommerd nie, ons peel die WP en Lions op tuis bodem en die swakker spanne weg, Griekwas en Luiperds. Ons sal daar wees!!! Kan nie was dat die kern van die Springbokspan weer terug kom in die Blou span nie, dink Gerrie het besef hy moet nou iets sê, terwyl hy nog kan!!
Groete en Hou dit Blou
Seun
ek stem met alles saam, dit gaan definitief nog baie interessant word.
die BULLE is nog ver van down en out, watch hulle.
die bokke gaan volgende jaar sukkel om die semi`s te haal al rus hulle die res van die jaar, hulle basics is verkeerd.
groete
BLOU
Ek het so pas voorgestel op die Sharks se facebook web page dat as die Lions die naweek die Bulle wen , moet die Sharks die Cheetahs game gooi ,want dan is die Bulle uit die semi’s . Net nou moet ons teen hulle speel as hulle 4de is .
Mariette, onthou die blinde sambok.
BLOU BO
Sorry geen blog ons was by ‘n kerkkamp (vir Mia se tune up) en is terug maar my pa (87jr) is in ICU opgeneem met ‘n bloeiende maagseer en dit gaan maar sleg moes heen en weer jaag om ouma ook na hom toe te vat (alles in Springs) so bietjie deurmekaar!
Die log loop dierbaar al Mariette se wense het gebars so haar span sal lyk my nie juis verder as die semi’s kom nie, alweer!!