Algemeen
Hoe sê die gesegde, “life is not fair get use to it.” Dit is so, ongelukkig sal die huidige sterkste span/spanne gewoonlik die meeste Bokke oplewer en die spelers wat “oorbly” sal maar moet opsnork. So kan ek onthou dat ‘n paar jr gelede toe die Bulle en Sharks in die S14 finaal gespeel het het hulle die meeste Bokke nl 8 elk gehad en ja natuurlik het hulle gesukkel in die C/beker maar dit is nou maar hoe dit is. Soos Gary B anderdag sê na die game ongelukkig is beserings ook maar deel v ‘n kontakspel. Die Bulle is/was ongelukkig hierdie jr besonder uitgedun met besering aan hul goeie spelers, ek dink aan, Dewald P, Stegman, G Botha, Du Preez wat toe veroorsaak het dat ons ander goeie skrumskakel ( Hougaard) ook by die Bokke moes gaan help. Kyk maar hoe het die Cheetahs in die begin vd seisoen gesukkel sonder Juan, kyk maar hoe duik het die Stormers gevat totdat Aplon, De Villiers, Fr Louw en De Jongh by die Bokke was en kyk hoe vinnig het die Stormers opgetel toe hulle terug is, dit is maar net so dat goeie spelers die hele span se vertroue en spelpeil weer lig.
Daar is altyd hierdie argumente oor wie koop die meeste spelers en dan die belaglike aantyging dat die groot unies altyd die Cheetahs se beste spelers koop. Dit is uiterste snert. In die eerste plek is al die sg Cheetahs wat kwansuis almal op Grey Kollege was meestal afkomstig van “ander” provinsies.” Wat my verder bekommer wat gebeur met die Cheetahs se geld aangesien hulle in die afgelope jare dikwels in semi’s en finals betrokke is wat doen hulle met daai geld? Aanvaar almal koop, sommige unies se afrigters is net so dom dat hulle swak opsies uitoefen wanneer hulle koop. Soms word ‘n uitstaande speler ook gekoop en land in ‘n unie waar hy nie goed presteer nie omdat die afrigting en of die strukture hom nie ondersteun nie of hy pas net nie in die nuwe span nie of die span speel swak en hy kom nie tot sy reg nie. Habana is nie ‘n skadu vd speler wat hy by die Bulle was nie, daar moet ‘n rede wees. Die Bulle het ook al flops gekoop bv Jaco Pretorius en piesang J Louis Potgieter.
Cheetahs vs Pumas
Die Cheetahs het maklik gewen en blykbaar hul bonuspunt binne ‘n halfuur gekry. Hulle speel tans goeie rugby en kan maklik semi’s en of final toe gaan want onthou Juan kom ook nog terug.
Stormers vs Griekwas
Wat ek gesien het was indrukwekkend en die Stormers lê nie verniet 2e op die log nie. Hul agterlyn speel veral uitstekend met die terugkeer vd Bokke en hul voorspelers speel ook baie goed, wat my betref waarskynlik huidiglik ons beste span ongelukkig het hulle nie baie spelers wat terugkom vd Bokke nie. Ek vermoed hulle gaan een vd spanne in die final wees.
Bulle vs Luiperds
Pateties! Jammer ek het nie ‘n ander woord nie hulle lê 3e maar mag die gode ons behoed hulle speel uiters swak, wat die meeste teleurstel is die agterlyn se verdediging daar is met elke beweging vd opponente se agterlyn minstens ‘n gaping v 15 meter, gn wonder almal druk so maklik driee teen die Bulle nie. J Louis Potgieter is die grootste probleem hy speel ‘n hele game en maak nie ‘n enkele tackle nie hy is PATETIES!! en J Pretorius is nie ver agter nie. Die voorspelers speel redelik goed veral met inagneming van Bokke wat weg is en beserings. Daar is geen kans dat hulle ‘n semi kan wen nie (as hulle ‘n semi haal) behalwe as die terugkeer vd Bokke ‘n dramatiese verskil maak. Ons het gewen so ek kan darem ook sê dat daai Aussie ref die wedstryd baie swak hanteer het soos ‘n tipiese dom Aussie, daarmee sê ek geensins dat hy vir die Bulle se swak spel verantwoordelik is nie. Dink steeds hulle is baie gelukkig om 3e op die log te lê.
Maar soms agv hul karakter kan hulle jou verras, kyk hoe het hulle bv die Sharks nou die dag gewen. En as hulle die naweek ‘n blinder op Loftus teen die WP kan speel en wen kan hulle die week daarna na die 2e plek opskuif. Maar daar is baie maars en die eerste 4 is nog glad nie ‘n gegewe nie.
Bulle julle maak my naar met swak verdediging in die agterlyn en swak verdediging verloor belangrike games!! J Louis Potgieter is ons grootste probleem en speel baie swak rugby dankie tog hy gaan volgende jr Sharks toe, kry vir julle.
Lions vs Sharks
Baie goeie en harde game gewees, van beide kante. Dink nog steeds dat die Sharks by elke losskrum oortree met of oorduik of vd kant af inkom en die balle vertraag, nogtans speel hulle goed. Daar is heelwat van hul voorspelers wat hul cool verloor as hulle teen spanne met harde voorspelers speel. Ek dink dat Kankowski behoort geskors te word vir sy trap op die speler, hy het ook vroeer in die game die ref geskel en dit bly onaanvarbaar. Dink nog steeds die Sharks speel goeie rugby en kan maklik final toe gaan, behalwe natuurlik as die Bokke terug is en hulle speel die Bulle in ‘n semi maar ek wil nie nou al op Gerrie en Mariette se senuwees werk nie!!
Ek is redelik seker dat Mvovo uitgetrap het en sy drie nie moes gewees het nie maar Franco se drie in beseringstyd was ook bietjie twyfelagtig.
Enige vd 2 kon wen en ‘n gelykop uitslag sou dalk reg gewees het maar omdat Slagtersnek nog vars in my geheue is is ek bly vir die Lions want hulle het regtig mooi verbeter en pasop dat hulle nie in die final is nie. Ek wil net graag dat die Lions die Cheetahs uit die boonste 4 hou omdat hulle so oulik boo!!
Opsommend
Daar is nog ‘n hele aantal spanne wat in die semis kan speel en ons behoort volgende week hierdie tyd amper te weet wat gaan gebeur. Dink op hierdie stadium kan die Sharks rustig slaap maar sal seker weer soos ander jare in die semis uitval. Sorry Gerrie. Wees net relisties daaroor as die Bulle met hul 3e span ( na al hul beserings) die Sharks kon wen dink net hoe gaan die Guppies uitmekaar spat in ‘n semi of final teen die Bulle!!
Net so klein waarskuwingtjie, moenie die BLOU te gou afskryf nie bekers word in die final na die eindfluitjie gewen, vra maar die Sharks!!
Groetnis en geniet die rugby.
The ultimate measure of a man is not where he stands in moments of comfort, but where he stands at times of challenge – Martin L King
Filed under: Uncategorized
Kon nie help om in my mou te lag toe ek op hierdie epos van my ou Groot maat Chris in Engeland van laas jr afkom nie, dierbaar!!!
Hi Almal,
BULLS
Wil maar net gou sê dat nie eers die Suid-ooster die Stormers ondersteuners so stil kon maak soos die Bulle nie.
Vir al julle ander wat ‘n kort rugbyseisoen gehad het omdat julle spanne nie die “finals” kon haal nie, en toe uit voortgesette onkunde die Stormers ondersteun het, sal ek maar my ma aanhaal wat altyd gesê het – “Nie eers ‘n donkie stamp sy kop twee keer teen dieselfde boom nie”. Luister nou maar vir my en ondersteun voortaan die span wat weet hoe om finale te wen.
Nou het ek genoeg oor die rugby gesê want gelukkig ondersteun ek ‘n span wat die praatwerk namens my op die veld doen.
Blou Bul groete,
Chris
thanks andre
ek was by die BULLE se game, hulle is regtig swak gewees, gerrie julle kan potgieter sommer nou al kry, hy is nie `n flyhalf se dinges nie, ek hoop pretorius gaan sommer saam. ek hoop die BULLE ontwaak saterdag.
Mitchell het weer trots in die leeus gesit, onthou dis dieselfde spelers, well done.
ja die semi`s gaan oulik wees, hoop die BULLE is daar.
groete
(waar is alamal????????????)
Lowrens niemand sê niks ek en jy sal sommer net Sondae mekaar bel en rugby praat dan is dit minder moeite vir my. Bly by die BLOU. Ek het ongelukkig ‘n uitnodiging na ‘n losie op Loftus (die hoostad v Pta) Saterdag jy weet wat kan ek doen, sien darem Guthro is terug!!
Andre
geniet, `n losie is altyd nice.
ons klop die week en saterdagaand gaan ons groot in die snowflake, jazz en blues die hele aand met so ietsie nats tussenin( jonny black) aardklop het darem altyd `n ietsie.
cheers
Wel oubaas , wie het jou hok geskud met die 1ste stuk van jou blog > oor die gekopery van spelers > moet se ek stem vir ‘n verandering saam met jou >